Voyager Goue Plaat

Die Voyager Goue Plaat.
Die omslag.

Die Voyager Goue Plate is fonografiese plate wat aan boord van Voyager 1 en Voyager 2 geplaas is toe hulle in 1977 gelanseer is. Hulle bevat klanke en beelde wat gekies is om die verskeidenheid van lewe en kulture op Aarde uit te beeld en is bedoel vir intelligente buiteaardse wesens, of vir toekomstige mense. Die Voyager-ruimtetuie is nie op pad na enige spesifieke ster nie, maar Voyager 1 sal oor sowat 40 000 jaar binne 1,6 ligjare wees van Gliese 445, wat tans in die sterrebeeld Kameelperd is.[1]

Omdat die ruimetuie bitter klein is in vergelyking met die grootte van die interstellêre ruimte, is die moontlikheid dat ’n ruimtereisende beskawing dit sal vind, uiters skraal – veral omdat die tuie eindelik sal ophou om elektromagnetiese straling uit te stuur wat vir kommunikasie bedoel is.

Volgens die sterrekundige Carl Sagan sal "die tuie net ontdek en die plate net gespeel word as daar gevorderde ruimtereisende beskawings in die interstellêre ruimte is. Maar die lansering van die "boodskap in ’n bottel" in die kosmiese "oseaan" sê iets baie hoopvols oor die lewe op hierdie planeet."[2] Die plaat is dus hoofsaaklik ’n tydkapsule of simboliese stelling eerder as ’n ernstige poging om met buiteaardse lewe te kommunikeer

  1. "Voyager – Interstellar Mission". Jet Propulsion Laboratory (in Engels). Nasa. 15 Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2004. Besoek op 28 September 2014.
  2. "Voyager – Golden Record" (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2017. Besoek op 23 September 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search